Pablo Software Solutions
Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.
die Uitverkiesing :Website Builder
Troos of Vertwyfeling...? :Luister na die Woord :die Uitverkiesing geskied in Jesus Christus :Wie is 'Ons in Hom' ? :Uitverkies voor die grondlegging van die wêreld :Uitverkies om heilig en sonder gebrek te wees :Voorbeskik tot kinders van God :die Troos van die Uitverkiesing :die Verkiesing van Judas Iskariot :die Pynlike ervaring van Jesus :Het God vir Judas bestem tot verraaier? :Wat van Johannes 17:12 ? :En wat van Romeine 9 ? :Wat is die probleem waarop in Romeine 9 geantwoord word? :Waarom is Israel dan verwerp? :'n Beeld van die Uitverkiesing
die Pynlike ervaring van Jesus

Die Pynlike Ervaring van Jesus

In Johannes 13:18 praat Jesus dan ook van hom wat saam met die Here brood eet, maar wat dan sy hakskeen teen Hom oplig ( Vgl. Psalms 41:10 )). Ook dit spreek van 'n pynlike en smartlike ervaring. As Jesus vir Judas opsetlik sou uitverkies het met die doel om Hom te verraai, sou daar by Jesus geen sprake wees van so 'n pynlike en smartlike ervaring nie. Ons kan dus nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom dat Christus se verkiesing van Judas Iskariot alleen slaan op die verkiesing tot apostel nie. Jesus het werklik vir Judas verkies om apostel te wees. Met sy verraad en optrede teenoor Jesus, werp hy egter die apostelskap van hom af, en 'n ander neem sy opsienersamp. Wanneer die apostels dan ook later iemand moet aanwys om die plek van Judas as apostel in te neem, is die woorde van Petrus besonder betekenisvol. Hy sê: "om die lot van hierdie bediening en apostelskap te verkry, waarvan Judas afgewyk het om heen te gaan na sy eie plek" ( Handelinge 1:25 ). Judas het dus afgewyk van sy apostelskap - dit was sy amp en verkiesing wat hy van Jesus ontvang het. Maar dan sê Petrus dat hy ook heengegaan het na sy eie plek. Hy het dus nie gekom op die plek wat Jesus vir hom gehad het nie, maar hy het in sy eie plek beland wat dus nie vir hom deur Jesus bedoel was nie!

Ons kan ook uit dit alles aflei dat Jesus wel van die begin af geweet het wie Hom sou verraai, en dat die verraad nogtans vir Jesus 'n pynlike ervaring was. Want Jesus het Judas verkies tot apostel omdat Hy hom daarvoor geskik geag het. Maar dit is juis deel van die lyding van Christus, van die kruis wat Hom opgelê is, dat so iemand Hom sou verraai.

    

 

Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017